So skyn die son weer vir die boer na veediefstal

In die vroeë oggend ure het GAC RISK SOLUTIONS (Sekuriteitsfirma) ‘n berig ontvang op ‘n gemeenskapsradio oor ‘n voorval waar vee kort voor die berig geplaas is, gesteel was.

GAC RISK SOLUTIONS 2018/12/14

GAC se eenhede was ontbied saam met die plaaslike buurtwagte en lede van die publiek.

Binne minute was die ingang en uitgaan paaie geblok en is ‘n soektog geloots.

Op toneel het GAC se sekuriteitsoffisier die spoor gevat en begin loop ter voet. Die spoor het direk gely na ‘n berg koppie wat nie ver van die toneel af is nie.

Met die spoedige reaksie van die plaaslike buurtwagte, die publiek en die strategiese besluit om die wyk toe te maak met voertuie, het dit verhoed dat die diewe wat die vee ter voer aangejaag het, nie verder as ‘n paar honderd meter voor ons uit kon kom nie. Na ongeveer 2 ure se fyn kam van die koppie en met die son wat sy verskyning maak, was die bokke gevind.

Die eienaar kon dadelik sy bokke uitken en was die vee veilig terug besorg aan hom. Ongelukkig was geen verdagtes gevind nie.

“LET US PROTECT WHAT IS YOURS”

Leave a Comment

You must be logged in to post a comment.