Boer sien rooi op Valentynsdag

Valentynsdag is beroemd vir die kleur rooi, dis presies wat die boerbok boer die oggend gesien het toe hy agter kom sy Suid-Afrikaanse kampioen stoet bokke is gesteel

@ 2017/02/14 Pretoria Rural

Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg”. Dit is presies wat die verdagtes bewys het. Soos te sien op die bogenoemde foto, het die verdagtes ‘n gat onderdeur die elektriese heining gegrou om toegang te verkry tot die perseel. Hulle het ook hierdie deurgang gebruik om die bokke uit die perseel te lei en te verwyder.

Die oggend van Valentynsdag het ‘n lid van die publiek GAC RISK SOLUTIONS, ‘n sekuriteitsfirma, gekontak om hulp te ontbied rakende die gesteelde stoet. GAC was binne minute op die toneel en het onmiddelik die spoor ter voet begin loop. Die bokke was vir kilometers aangejaag ter voet voordat hulle in ‘n ou verlate kwarrie gat opgelaai was deur ‘n voertuig

Die sekuriteitsbeampte het die presiese roete geloop waar hy die oplaaipunt gevind het, maar al die vee was alreeds weg

“LET US PROTECT WHAT IS YOURS”