Sekuriteitsfirma kom per toeval op gesteelde goed af na roep vir hulp

Op 21 Julie 2018 om ongeveer 00h03 die oggend het die huiseienaar verdagte persone opgemerk in sy erf.

 GAC se sekuritietseenhede was ontbied na die perseel waar beamptes die perseel deursoek het. Geen verdagtes was op die perseel gevind nie. GAC se beamptes het dit goedgedink om al die lyndrade te ondersoek waar hul op ‘n draadknip afgekom het wat dien as ‘n ingang en uitgangspunt.

 Die verdagtes het op die uitgaanslag die draad weer netjies toegebuig sodat die draadnip nie so sigbaar sal wees van die pad se kant af nie. ‘Soos aangedui in beeld hierbo’

Tydens verdere ondersoek het die beamtes opgemerk dat die buurman se perseel se heining ook geknip was. Die beamptes het onmiddelik die huiseienaar gekontak om toegang te verkry tot die perseel. Verdere spore was gevolg deur die 1ste perseel, daarna deur die 2de perseel en selfs ‘n 3de perseel. Op die spoor tussen die 2de en 3de perseel het die beamtes op gesteelde goedere afgekom, min wetend dat die goedere gesteel was by die 3de perseel.

Die beamptes het die eienaars van die 3de perseel dadelik in kennis gestel van die gesteelde goedere. Met verdere ondersoek het die eienaar en die GAC beamptes om die perseel geloop en opgemerk dat die verdagtes se spore om die huis verby loop sowel as voor al die deure en slaapkamervensters. Die spoor het die beamptes gelei na die voertuig wat voor die huis geparkeer was binne die erf. Met eerste oog op slag kon die beamptes geen onraad by die voertuig opmerk nie. Dit was eers toe die beamptes die fotos wys van die gesteelde goedere was op roete gevind was toe die eienaar besef het dat alles uit sy voertuig gesteel was.

Die mes wat op die roete gevind was het ergter nie aan die eienaar behoort nie maar wel vermoedelik aan die verdagtes. Die sekuriteitsbeamptes was oorweldig met verligting dat hulle nie aangeval was gedurende die roete waarop hulle die gesteelde goedere gevind het nie. Geen verdagtes is met die voorval verbind nie.

Die eienaar het die GAC beamptes bedank vir hulle goeie werk en deeglikheid. Soos die gedagtes deur die eienaar spoel oor wat nog kon gebeur het, is hy baie dankbaar dat die verdagtes net by sy voertuig ingebreek het en nie toegang tot die huis verkry het waar hulle nog enkele minute voor die beamptes se oproep nog gesellig gesit en gebraai het nie.

LEARN MORE:

“LET US PROTECT WHAT IS YOURS