73 jarige bejaarde man oorval in sy plaashuis – Ysterman

Ongeveer 22h03 op 18/06/2020, het GAC ‘n boodskap opgemerk op ‘n plaaslike veiligheidsgroep rakende ‘n aanval in die Honingnestkrans area.

GAC se spanne, in samewerking met verskeie ander veiligheidsspanne, het ongveer om 23h00 op die hoeke van die soutpan pad en Kiewiet straat bymekaar gekom om moontlike roetes van die verdagtes uit te ken en beplanning te doen vir nag wat voorlê. Die beamptes kon die Polisie se blou ligte nog helder sien waar hulle by die eerste aanval afgestaan het.

Koos Snr. het sy seun Koos Jnr. om 23h09 wakker gebel om hom in kennis te stel dat hy aangeval was deur 2 onbekende mans. Koos Jnr. het dadelik opgespring om na sy pa se nood te jaag.

Die sekuriteitsbeamptes het die voertuig met noodligte gesien aankom. Die voertuig het reg voor hulle ingedraai waar hulle gestaan het in Kiewiet straat. Die beamptes het in hul voertuie geklim en in Kiewiet straat afgery. Dit was een van die strate wat hulle ge-identifiseer het as ‘n algehele wegteekplek waar verdagtes hulle voertuie kan wegsteek tydens huisrowe en onraad wat hul pleeg.

Die beamptes het die huis saam met die einaar se seun betree toe hulle net bloed opmerk orals waar hul kyk. Sy seun, Koos Jnr. het dadelik na sy pa uitgeroep “PA, PA, PA?!”

Koos Snr, ‘n 73 jarige bejaarde man, het nie terug geantwoord op die eerste noodroepe van sy seun nie.

“Ek het toe die ergste verwag en myself reg gemaak vir die ergste”

Dit is wat een van die sekuriteits beamptes van GAC gedink het

Die beamptes het die huis deursoek waar hulle Koos Snr. in ‘n beploede toestand gevind het. Die bloed het nog uit sy mond gestroom, so vars was die aanval. Die sekuriteitsoffisiere het dadelik te werk gegaan om die perseel te beveilig en vir Koos Snr. noodsaaklike mediese bystand te bied.

Koos snr se tande wat in sy kamer gevind is

Koos Snr se eerste woorde was “Hulle het my tande uitgeslaan”. Koos Snr. is ‘n baie gelukkige man, vertel die beamtes. Gedurende die aanval het die verdagtes ‘n skoot afgevuur, maar Koos Snr. was gelukkig nie getref nie.

“Koos Snr. jy is ‘n yster! Jy het nie gaan lê toe hulle jou aangeval het nie, jy het terug geveg. Ons is trots op jou!”

Binne enkele minute was die polise op toneel. Hulle was slegs 200m weg soos die kraai vlieg, waar hulle ook by die eerste aanval afgestaan het. Die Polisie het ook bevestig dat hulle ‘n skoot gehoor het, maar kon nie vasstel van waar die skoot gekom het nie.

“Dit wys jou net die arrogansie van die aanvallers. Hulle is nie bang vir die gereg nie. Die stof het nie eers gaan lê van die vorige aanval nie, toe slaan hulle weer toe”

Die verdagtes het gevlug met ‘n televisie toestel en verkseie klein elektroniese items. Koos Snr herstel goed maar is redelik erg getrumatiseerd deur die aanval en wat daar gebeur het.

Die bemptes het minute later na ‘n ‘positiewe’ huisbraak gejaag wat in dieselfde area is. Gelukkkig was dit slegs net ‘n huisbraak en nie ‘n wraaksame aanval nie.

– LET US PROTECT WHAT IS YOURS –