Ken jou Vyand – Moet nie jou Vyand onderskat nie!

Van die oog af lyk dit net soos ‘n paar takkies wat op die grond lê, maar dié uitgepakte takkies op die grond staan bekend as Kriptografie

Kriptografie (vanuit Grieks kryptòs, “Weggesteek”, en gràphein, “om te skryf”) is tradisioneel. Dit is die studie van tegnieke om inligting vanaf die normale leesbare formaat na ‘n onbekende formaat om te skakel wat vir ongewenste partye wat mag toegang verkry tot die kommunikasiekanaal, onverstaanbaar te maak. Verder word gepoog om dit so moeilik as moontlik te maak om te ontsyfer sonder die geheime kennis (sleutel) wat as invoer tot die ontsyferingsalgoritme dien. In die verlede is kriptografie ingespan om geheimhouding tydens strategies belangrike kommunikasie te verseker (tipies kommunikasie van spioene, militêre leiers, en diplomate).

In die beeld hierbo was dié verdagte man vasgetrek deur GAC Sekuriteit op ‘n privaat perseel in die noorde van Pretoria. Na ondersoek het ons op verskeie merker items afgekom wat hierdie verdagte by hom gedra het. Hy het opslag gemaak of hy mal is en gladnie verstaan wat gebeur nie. Hy het selfs gemaak of hy gladnie weet wat die items in sy besit was nie. Maar met verdere ondersoek wat dit duidelik dat die verdagte presies verstaan het en geweet het waarvoor die items was.

Waar word Kriptografie gebruik?

  • Plaasaanvalle
  • Huisbrake
  • Vee diefstal
  • Oplaai punte
  • Vervoer roetes
  • Stap roetes
  • Transito Rooftogte

Die bogenoemde fotos is van die items wat in die merker plaaser se broeksakke gevind was. Soos te sien op die fotos was daar van baba skoene tot dooie slange en paddas, papiere met nommers, verkeie kleure ens gevind. Al hierdie items lyk op die oog af net soos gewonde rommel, maar dit is presies hoekom hierdie Kriptografie dien as ‘n strategiese kommunikasie middel tussen kriminele en kwaad doeners.

Sluit aan:

Subscribe

* indicates required

Lees meer:

-LET US PROTECT WHAT IS YOURS-